Groen vingers

Language: Afrikaans

Genre: Adventure Stories

Author(s): Jacobs, Jaco

Publisher(s): LAPA Publishers (Pty) Ltd

ISBN: 9780799379204

Price: R100.00

Sasha is mal daaroor om eksperimente te doen. Haar oupa was immers ’n wereldbekende wetenskaplike. Soms loop Sasha se eksperimente nou wel ietwat skeef – maar dis deel van die pret! Toe sy op ’n dag ’n paar vreemde pitte in haar oupa se ou trommel ontdek, besluit sy om dit te plant. Eers lyk dit of niks gaan gebeur nie ... maar dan maak ’n monsterplant sy verskyning in die natuurwetenskapklas! Dit lyk selfs of die plant van plan is om vir juffrou Jansen op te eet ... tensy Sasha blitsvinnig ’n plan kan beraam! ’n Avontuurbelaaide storie vir beginnerlesers, propvol van Jaco Jacobs se ken-merkende skaterlag-humor waarop kinders versot is!

Review

By: Groen Vingers

Posted on: May 25, 2017

In Groen Vingers maak ons kennis met ‘n jong leerder, Sasha, wat gek is oor die natuurwetenskappe en veral om eksperimente te doen.

Sasha se oupa was ‘n wêreldbekende wetenskaplike, vandaar haar vurige belangstelling in die wetenskappe. Sy het nooit haar oupa geken nie, maar voel baie na aan hom wanneer sy tyd in die solder deurbring waar sy op sy trommel afgekom het. Dié trommel voel vir haar soos ‘n regte skatkis. Dis baie deurmekaar en vol ou stowwerige proefbuise, flesse, notaboeke en selfs ‘n album met ou geelbruin foto’s wat al die belangrike gebeurtenisse in sy beroemde lewe dokumenteer.

Op ‘n dag waarop sy in groot moeilikheid by die skool is omdat sy op haar eie ‘n eksperiment in die laboratorium doen, soek sy weer vertroosting op die solder tussen haar oupa se goed. Sy kom af op ‘n paar bruin, uitgedroogde sade in die trommel …. en dis net daar waar die groot moeilikheid begin!

Niemand sou al die skreeusnaakse en ongelooflike katastrofes kon voorsien wat plaasvind as Sasha dié bruin sade in plaas van boontjies in klam wattetjies inlê wanneer almal in die klas hierdie eenvoudige eksperiment moet doen nie.

Jaco Jacobs kan nou maar eenmaal met woorde toor en sy gemaklike skryfstyl maak him uiters gewild onder jong lesers. Saam met Odine Barendse se pikante, volkleurillustrasies waarborg dit ‘n wonderlike leesavontuur wat moeilik neergesit sal word voor die laaste bladsy!

Search all books