-
-
Phyllis Green Kyk Na ‘n Paar Kinderboeke van Kleuters tot Tieners
Wikus het pret op die plaas deur Galia Lami Dozo, vertaal deur Jan Ivens ‘n Prettige leesboekie vir 3- tot 7-jariges. Wikus en Wim is op die plaas en leer van al die diere en masjiene. Die blaaie het flappies wat kan oopmaak en waaragter ‘n paar verrassings wegkruip.
Heleen en die heks met hoofpyn, deur Corlia Fourie met illustrasies deur Vian Oelofsen ‘n Lekker voorlees-boek oor hoe ‘n slim meisietjie ‘n nare heks getroef het. Naby Heleen se huis is ‘n bos waar ‘n lelike vrou met ‘n sak vol toorgoed bly. Sy haat kinders, want hulle maak haar kop seer. Heleen se pad kruis met die van die heks en sy haal haarself die ou vrou se gramskap op die hals. Dan beraam sy ‘n plan om van die heks se houvas op haar ontslae te raak.
Thomas@aksienet.net deur Carina Diedericks-Hugo Die sesde boek in die Thomas Steyn-jeugreeks is vol drama. Thomas kry ‘n rol in ‘n gewilde sepie, maar iemand op stel het hul mes in vir hom en hy moet lig loop. In die skool moet hy veg om sy plek in die rugbyspan te behou en boonop tree sy beste vriend vreemd op.
Book details
- Wikus het pret op die plaas by Jan Ivens, Galia Lami Dozo
Book homepage
EAN: 9780798149631
Find this book with BOOK Finder!
- Heleen en die heks met die hoofpyn by Corlia Fourie
EAN: 9781869191979
Find this book with BOOK Finder!
- Thomas@aksie.net by Carina Diedericks-Hugo
EAN: 9780799340921
Find this book with BOOK Finder!
- Wikus het pret op die plaas by Jan Ivens, Galia Lami Dozo









