Lees alles wat jy in die hande kan kry. Kyk uit vir boekuitverkopings en tweedehandse boekwinkels, besoek die plaaslike biblioteek, soek e-boeke aanlyn, soek MXit vir mobi-romans – lees, lees, lees.

Sluit aan by of stig ’n skryfgroep

SA Writerʼs College het ’n lys met plaaslike skryfgroepe saamgestel. Aansluiting is gratis en deelnemers kry ’n geleentheid om ervaring te deel en gratis terugvoering op van hul skryfwerk te kry. Waarom stig jy nie een as daar nog nie een in jou omgewing is nie?

Sluit aan by organisasies wat skrywers en illustreerders ondersteun en aanmoedig

Neem ’n skryfkursus

Deur ’n skryfkursus te neem, kan jy jou vaardighede opskerp, leer om jou werk te verkoop en ander vind wat in dieselfde veld as jy belangstel. Kursusgelde en die duur van die kursusse verskil, maar daar is ’n paar maatskappye en organisasies wat kursusse en klasse vir jou ontwikkeling as ’n skrywer/illustreerder aanbied.