Daar vind ook ’n paar literêre geleenthede regoor die land plaas waar jy gepubliseerde, asook aspirerende, skrywers en illustreerders kan ontmoet en met hulle kan omgaan.

  • Abantu Book Festival is ’n jaarlikse literêre geleentheid wat in Soweto, Suid-Afrika se kunssinnige hartland gehou word, met outeurs van Suid-Afrika, Afrika, en die diaspora. Abantu is die Nguni-woord vir mense, wat hierdie fees die mense se fees maak. “Ons missie is om ’n literêre geleentheid daar te stel wat swart skrywers en lesers die platform en sigbaarheid bied wat hulle verdien. Die eerste Abantu Boekefees is op 06 – 10 Desember 2016 gehou – ’n vyf dag lange ervaring van voorlesings, besprekings, musiek en ander vorms van storievertelling daarby ingesluit.
  • Tyd van die Skrywer: Tydens hierdie aktiwiteitryke week kan gehore verwag om die menings van bekroonde skrywers, vanuit ʼn verskeidenheid politieke en sosiale kontekste, te luister oor die kreatiewe en artistieke prosesse en perspektiewe wat hul skryfwerk aanvuur.
  • Open Book Festival: Open Book Cape Town is ʼn jaarlikse literêre fees, waarvan die eerste in 2011 plaasgevind het. Die kernpunte is altyd die Fugard-teater en die geliefde onafhanklike boekwinkel, The Book Lounge.
  • Franschhoek Literêre Fees: Die jaarlikse Franschhoek Literêre Fees vind in Mei plaas en dit word gekenmerk deur ‘n reeks onderwerpe wat strek van vurige politiek tot verfrissende digkuns, liefdesverhale tot oorloggruwels.
  • Suid-Afrikaanse Boekefees: Die herbedinkte Suid-Afrikaanse Boekefees word nou deur die Suid-Afrikaanse Boekontwikkelingsraad besit en sal binne die bestaande Nasionale Boekeweek, wat in die eerste week van September plaasvind, geïnkorporeer word. Die SABOR is geïnspireer deur huidige Suid-Afrikaanse vertellings en die nuwe Fees sal kyk wat dit beteken om ʼn Suid-Afrikaner te wees en ʼn Afrika-perspektief te hê.
  • Jozi Boekefees: Die algehele doelwit van die Jozi Boekefees is om ʼn openbare en sigbare platform vir die publiek te bied waar drie sosiale sleutelvennote in die bevordering van ʼn kultuur van lees en skryf bymekaar kan kom.
  • Knysna Litêrere Fees: Dit is nou die agtste jaar van die Knysna Literêre Fees. Dit is die Tuinroete se enigste jaarlikse fees wat die gasheer is van ʼn eksklusiewe groep uitsoeksouteurs van Suid-Afrika en dit word vinnig ʼn geleentheid waarvan boekwurms en alle literêre liefhebbers bywoning as ʼn noodsaaklikheid ag.
  • M&G Literêre Fees: Die M&G Literêre Fees, wat liefderik as Litfest bekend staan, ondersoek literêre vrae in sessies wat strek vanaf fiksie, niefiksie, redigering en publisering tot verslaggewing en akademiese teoretisering.
  • Richmond Boekefees: Die klein dorpie, Richmond, in die Nood-Kaap het as die “Boekedorp” van Suid-Afrika bekend geword. Hierdie jaarlikse boekefees vind in Oktober plaas.