Puku Stigting vir Kinderliteratuur

Puku Stigting vir Kinderliteratuur

Die Puku Stigting vir Kinderliteratuur is ʼn onafhanklike, nieregeringsorganisasie waarvan die kerndoelwit is om die geletterdheids- en digitale skeiding, wat ʼn uitdaging vir die meerderheid Suid-Afrikaanse kinders is, te oorbrug. Ons werk om hierdie doelwit te bereik deur dinamiese en innoverende programme en projekte te ontwikkel om die gehalte van kinderboeke en ontspanningsmateriaal, gedruk en digitaal, in alle Suid-Afrikaanse tale te verbeter en meer daarvan beskikbaar te stel.