Me. Elinor Sisulu (Uitvoerende Direkteur)
Bekroonde skrywer en menseregte-aktivis met uitgebreide ervaring in literatuur en leesbevorderingsaktiwiteite. Haar ervaring ten opsigte van organisasies en instansies op gemeenskaps-, regerings- en internasionale vlak in verskeie lande het haar insig gegee in die maniere waarop die limiete en beperkings van huidige praktyke oorkom kan word ten einde maatskaplike verandering en innovasie te bereik.
Me. Fazila Montsi (Voorsitter)
Voormalige praktiserende advokaat wat by die Nasionale Universiteit van Lesotho en die Universiteit van Wes-Kaapland in die regte klas gegee het. Sy is tans ’n sakevrou wat aan die sekerstelling van nuwe beleggings in die veld van kinderliteratuur toegewy is.
Professor Lesibana Rafapa
Professor Rafapa was die hoof van die Departement Engels by die Universiteit van Venda voordat hy sy huidige posisie as Voorsitter van die Departement Engelse Studies by UNISA aanvaar het. Hy is ’n profielskrywer, redigeerder en vertaler en het die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) met projekte gehelp om gemarginaliseerde tale en kinderliteratuur in Afrikatale te bevorder.
Professor Mary Metcalfe
Sy is ’n opvoedkundige en hoogs gerespekteer as ’n akademikus en politikus. Sy het posisies beklee as die hoof van Wits se School of Education, Direkteur-generaal van die Departement van Hoër Onderwys, LUR vir Onderwys van die Gauteng Provinsiale Regering en Adjunkspeaker van die Gauteng Provinsiale Wetgewer.
Mnr. Melvin Kaabwe
Melvin Kaabwe is tans die Digitale Bestuurder van Van Schaik, Suid-Afrika se grootste akademiese boekkettingwinkel. Sy talryke verantwoordelikhede sluit digtale strategie, bemarking en produkontwikkeling, meer spesifiek akademiese e-Boekontwikkeling, e-leesboeke, mobiele hardewaretoestelraakvlakke, ontwerpe, konsepte en e-handelplatformstrategie in. Hy het ’n B.Sc.-graad met studies in Ingenieurswese, Rekenaarwetenskap en Geografiese Inligtingstelsels van die Universiteit van Natal.
Me. Bontle Senne
Bontle Senne het in 2009 met ’n B.Com.-graad (Politiek, Filosofie en Ekonomie) aan die Universiteit van Kaapstad gegradueer. Sy werk as Verkoops-, Bemarkings- en Kommunikasiekoördineerder vir T-Systems. Sy was Puku se Besturende Direkteur vanaf 2012 tot 2013 voordat sy na die posisie van besturende konsultant by McKinsey geskuif het.
Me. Dora Jantjie (Tesourier)
Is ’n geoktrooieerde rekenmeester met ’n B.Com.-graad van Rhodes Universiteit. Sy het haar leerkontrak vanaf 2000 – 2001 by KPMG voltooi en werk tans by Dynamic Visual Technologies as die Finansiële Groepbestuurder.