Feeste

Puku-2017-sm

Die inwydings- Puku Storiefees het in September 2013 plaasgevind. Dit is deur ʼn fees in Februarie 2014 gevolg, beide in vennootskap met die Nasionale Kunstefees, Rhodes Universiteit en ʼn menigte geletterdheids- en onderwysorganisasies. Die fees het suksesvol ʼn platform vir ouers, onderwysers, bibliotekarisse/bibliotekaresses en jong mense geskep om onder hulself en met skrywers, storievertellers en taal- en geletterdheidspraktisyns te netwerk.
Hierdie feeste is deur borgskap van Sasol, South Africa partners, REDISA (Recycling and Development of South Africa), Mzansi Golden Economy Fund van die Departement van Kuns en Kultuur. Business and Arts, South Africa (Basa), Nasionale Kunsteraad (NKR), Grahamstad-sakegemeenskap moontlik gemaak.
Sedertdien het Puku voortgegaan om ’n jaarlikse fees in Februarie in Grahamstad, wat met Internasionale Moedertaaldag saamval, aan te bied.
In 2016 het Puku die Puku Afri-kids Festival, wat gemik is om, deur ’n kombinasie van lewendige optrede, gesprek, uitstalling en boekbekendstellings, dwarsdeur die dag vir kinders, tieners, ouers en grootouers, versorgers en opvoeders, skrywers en kultuuraktiviste, ’n aantrekkingskrag te hê.

Puku is toegewy aan die kweek van ’n leesnasie in Suid-Afrika deur die ontwikkeling van Afrikataalbronne te ondersteun!