Hoe kan ek uitvind wat met plaaslike kinderboeknuus en geleenthede aangaan?

Puku-2017-9853

Die vanselfsprekende antwoord is net hier by puku.co.za, maar ons fokus baie sterk op kinderliteratuur in inheemse tale. Vir meer algemene nuus en geleenthede, probeer die volgende webwerwe:

  • Nal’ibali (Xhosa vir “hier is die storie”) is ’n nasionale “lees vir genot”-inisiatief om mense in Suid-Afrika – kinders en volwassenes – passievol oor die vertel en lees van stories te kry
  • FunDza Literary Trust‘se missie is om geletterdheid onder Suid-Afrikaanse tieners en jong volwassenes aan te help deur lees, die kweek van ‘n gemeenskap van lesers en die ontwikkeling van jong skrywerstalent te populariseer.
  • Books LIVE is ’n daaglikse aanlyn literêre koerant met alles wat jy oor Suid-Afrikaanse publiseernuus, resensies, geleenthede en menings moet weet.